Fluit-fluit agteruit

  • 4

Aan die agtergeblewenes en voorheen-benadeeldes:

Donker tye. Rooi tye. Gelerig ook. Taai ...

In my fantasie leef ons op ’n aarde met so miljard mense. In hierdie wêreld het bewoners uit hul foute geleer en stel nie meer in owerhede en regerings belang nie ‒ kwelsugtige narcissiste word nie langer as leiers beskou nie. Gekoördineerde samewerking en kwaliteit lewensgehalte is ’n gemeenskaplike doel. Respek is belangrik, so ook die omgewing. Vir almal.

In daardie dae sal enkele nasate van die Afrikaner nog opgespoor kan word, maar hoe sou hul swanesang gebeier het? Weergalm die stuiptrekkings nog waar die kranse antwoord gee of lê hulle uitgedoof in die diepte van ons see.

Helaas, dit is nog nóú en daar is lesse uit die verlede:

“Following the fall of Jerusalem and the destruction of the Second Temple (70 CE), the Masada garrison — the last remnant of Jewish rule in Palestine — refused to surrender and was besieged by the Roman legion X Fretensis under Flavius Silva. Masada’s unequalled defensive site baffled even the Romans’ highly developed siege craft for a time. It took the Roman army of almost 15,000, fighting a defending force of less than 1,000, including women and children, almost two years to subdue the fortress. The besiegers built a sloping ramp of earth and stones to bring their soldiers within reach of the stronghold, which fell only after the Romans created a breach in the defenders’ walls. The Zealotshowever, preferred death to enslavement, and the conquerors found that the defenders, led by Eleazar ben Jair, had taken their own lives (April 15, 73 CE). Only two women and five children—who had hidden in a water conduit — survived to tell the tale.

In the 20th century Masada became a symbol of Jewish national heroism, and it is now one of Israel’s most popular tourist attractions.”

(Encyclopaedia Britannica)

Als ’n blote mite?

Haim Goldfus, professor at Ben Gurion University of the Negev, has long cast doubt on the existence of a siege. In fact he suspects there was no war there at all.” ‒ https://www.haaretz.com/israel-news/MAGAZINE-is-the-masada-tradition-true-1.5472686

Nietemin, hierdie blyk een metode van heldeverering vir Afrikaners te wees. ’n Rituele selfdood, eerder as om langer onder die juk van onnoselheid gebuk te gaan.

’n Ander is ... óók eerbare selfdood, maar met ’n kinkel. “Honor suicide is a process whereby a person commits suicide to escape the shame of an immoral action, such as having had extra-marital sexual relations or defeat in battle. Japan has a long history of suicide in its culture. Seppuku is a type of ritual suicide that was practiced by samurai to avoid capture. In World War IIboth banzai charges and kamikaze attacks were suicidal types of attacks used against the enemy.”- https://www.seeker.com/why-the-japanese-see-honor-in-suicide-1501524382.html

Aanval, dus. Maar wie is die vyand?

Weereens lê die antwoord in die geskiedenis opgesluit. Anthea Jeffery se verkorte 2019-uitgawe van People’s War ‒ New Light on the Struggle for South Africa bevat enkele leidrade:

1.       “In addition, the key purpose of the people’s war was always to give the ANC the power it needed to press ahead with the Soviet inspired National Democratic Revolution (NDR) to which it had committed itself at the Morogoro conference in 1969. (…) The key aim of the NDR is to take South Africa, by gradual and incremental steps over four decades or more, from a free-market system to socialism and then communism.”

2.       “During their visit to Vietnam, Tambo and his colleagues were comprehensively instructed in how Giap’s formula for people’s war could be used both to weaken the Pretoria government and destroy the ANC’s black political rivals.”

3.       “That same year, however, and unbeknown to most Americans, Hanoi received huge quantities of modern weaponry from Russia and China.”

Hoekom, wonder ek, strek die ANC se wit woede nie al die pad tot in Rusland nie?

Selfdood is vanselfsprekend nie sonde nie ("sonde" is die woord vir afkeurenswaardige gedrag op ’n bepaalde tydstip soos deur die mens self bepaal) , maar sit uiteraard nie in elkeen se broek nie (rather the devil you know).

Alternatief (nie-opsioneel): Oorgelewer en onderdanigheid aan die domste klomp donders denkbaar. (Dalk help dit om Russies of Mandaryns aan te leer.)

  • 4

Kommentaar

  • Avatar
    Henning Janse van Vuuren

    Sancho Panza, paranoia, aldus my gesaghebbende HAT, is: 1. geestesversteurdheid waarby die pasiënt las het van waanbeelde, bv. grootheids- of vervolgingswaansin, óf 2. abnormale neiging om ander te wantrou. Uit die kort diagnose: paranoia; en binne die konteks lei ek af: 2. Gegewe die feit dat die ANC korrup is tot in sy kern (en wortel en tak uitgeroei moet word), kan geen neiging om hierdie Tartuffe te wantrou abnormaal wees nie. Net so met Poetin se nuwerwetse danspassies.

  • Ek is nog steeds van mening dat dit nie net grootheid of vervolgingswaansin is waaraan die kader lei nie. Dit is ook 'n goeie skep, waansinnigheid en verwaandheidswaansin met 'n skeut gemoedsbekakking bygegooi. Die tor het ek dink iewers van 'n prop af gebliksem en die vrees/onsekerheid deur die voorvadergeeste aangejaag begin om die mense iewers te kataza. Daar is niks ergers as om te jeuk en jy weet nie waar jy moet krap nie.

  • Henning Janse van Vuuren,
    Daar is suksesverhale en daar is flopverhale. Die vereistes vir 'n suksesverhaal is toewyding, sweet en dalk 'n bietjie geluk ook. Die Afrikaner se opgang was 'n suksesverhaal.
    Die vereistes vir 'n flopverhaal is die begaan van flater op flater, naïwiteit, liggelowigheid en vrees vir gewaande gedrogte of demone. Die Afrikaner se ondergang sedert die 80's is 'n flopverhaal.
    Sukses- en flopverhale is ook relatief. Die flopverhaal van die Afrikaner is een moerse suksesverhaal vir diegene wat nou ystererts, kole, renosterhoring, oesters, perlemoen, leeuliggaamsdele en nog so paar ander goed baie goedkoop of selfs verniet kry. Hulle, dié wat nou skep, het goed beplan en, wat jy voorheenbenadeeldes noem, bloot as instrument gebruik (en gebruik hulle nou nog as voetsoldate om te help met die geplunder).
    Ons, die Afrikaner, was te naïef om agter te kom die uitspeel van hierdie hele storie was toe NIE om allerlei filantropiese redes nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top