Flentertjies liefies
REFREIN:
As my liedjie by sy eindnote begin
moet jy weet ek sing dit net vir jou
Daar was 'n tyd vir ons twee
Spesiaal vir ons gegee
Ons kuiers op die maan
was ons lag en huppels saam
Jy het 'n ster vir my gepluk
en in my hande gesit
Hierdie liedjie wat by sy eindnote begin
moet jy weet ek sing dit net vir jou
Nagte saam het ons gedans
om die aarde se wentelbaan
Deur maanligstrale
het ons glimlaggies mekaar betower
Maar een aand het die ster in ons hande verskiet
en is ons liefde in flentertjies aarde toe geskiet
REFREIN
Ons lewens sal nooit weer dieselfde wees
want op die aarde lê ons liefde nou in flentertjies versprei
Nou vra jy hoekom staan ek nie 'n bietjie stil
maar ek is so besig om al die flentertjies liefde bymekaar te kry
Om ons harte weer te heg en antwoorde te kry
al lê dit so seer
Dit was tyd dat jy moes gaan
weg is al die liefies, lag en ons huppels saam
En elke keer as ek my kon kry
sweef ek om die aarde se wentelbaan
en probeer ons harte versterk
Om ons flentertjies liefde weer bymekaar te kry
Dit is hoe dit hoort
REFREIN:
Ek weet hierdie liedjie wat by sy eindnote begin
heg ons flentertjies liefde weer aanmekaar
En dit is alles net vir jou, net vir jou
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


