Finale weergawe: Habitat (Voorheen "v")

  • 0

Ek kon vertel het
van die wonders van
verkeersligte en wolkekrabbers
of die olieglim op die see waar ons
ons merk gelaat het.

Ek kon vertel het
van die koue asem
van ’n verkoelingstelsel in ’n kantoor
of die sug van ’n skootrekenaar
of die klap van waaiertonge.

Ek kon vertel het
van die harde glans
van ’n stiletto-lem
of die steekgeur
van ’n Beretta 92.

Maar die sikades swyg
en skadu’s verslind die replika
tot hul die oorspronklike ontbloot –
al strek dié sterreveld
dieper as tevore.

Die wonder lê nie in die waaiers nie,
maar in die wind.

         

Keer terug na die SkryfNet-indeksblad.
   

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top