Fiksie-kompetisie: Reisende skrywers

  • 3

Wat is verskillende maniere om na ’n stad of ander plek te kyk deur taal en deur kuns?

Wat is verskillende maniere om deur te lees op reis te gaan?

Hoe neem mens, deur te skryf, ’n leser na versteekte en verrassende plekke?

In 2012 het LitNet ’n suksesvolle kompetisie geloods waarin digters aangemoedig is om oor hulle stad of dorp ’n gedig te skryf. Vanjaar het ons besluit om ’n soortgelyke geleentheid aan essay- en kortverhaalskrywers te gee.

Die opdrag, dus:

Skryf ’n kortverhaal, essay of stuk literêre joernalistiek oor ’n stad, dorp of plek. Om hierdie stuk kreatiewe skryfkuns te skryf, kan jy sélf op reis gaan, of skryf van ’n reis wat jy reeds onderneem het. Of nie – jy hoef nie eers jou stad, dorp, straat of plaas te verlaat nie, solank jy jou lesers deur jou woorde na daardie plek op reis neem.

Die kombinasie van feit en fiksie in jou verhaal is vir ons van belang. Ons is op soek na verhale oor regte plekke (dus nie verbeelde of fiktiewe stede of plekke nie), maar wat in die vorm van fiksie aangebied word. ’n Verhaal kan totaal ware feite of gebeurtenisse as grondslag hê, of daar mag iets vreemds in die stad gebeur wat nie heeltemal strook met die “realiteit” daarvan soos mens dit ken nie. Solank die wegspringplek die feitelike stad of plek is en daar iets oor die ruimte daarvan oorgedra word.

Jou bydrae moet ons teen Maandag 3 Junie bereik. Die wenner kry 'n boekpakkie van ses boeke. Die titels van die boeke sal vorentoe aangekondig word.

Stuur bydraes na [email protected].

Maksimum 1 500 woorde. Geen langer stukke sal aanvaar word nie. Maksimum drie inskrywings per persoon word aanvaar. Maar stuur eerder jou één heel beste.

  • 3

Kommentaar

  • Ek hou van die reis-gedeelte, maar is nie baie goed met fiksie. Miskien kan ek tog probeer... Daar is altyd 'n 1ste keer.

     

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top