| Omtrent hierdie bydrae het die proefleser gesê: "Die teks is geskryf in 'n tussenvorm, ek dink prof Ronel Foster sou dit Nederkaans noem. Ek het so min as moontlik ingegryp en vertaal, maar wel seker gemaak elke woord is korrek gespel, of dit nou Nederlands is of Afrikaans." |
Zuid-Afrikaanse hotspot en culturele ontmoetingsplek café/restaurant Tjing Tjing in Amsterdam, heeft er sinds kort een nieuwe functie bij: Het café van Michael Ricketts doet vanaf januari dienst als het nieuwe hoofdkwartier van alweer de derde editie van het Festival voor het Afrikaans. Na een korte stilte werd in januari bekend dat voormalig festivaldirecteur Joris Cornellissen zijn functie opzegde, waarna beeldend kunstenares Carina Claassens deze grote verantwoordelijkheid op zich heeft genomen. Nog geen maand later zit Jente Rhebergen aan tafel met Carina, Michael en Gideon van Eeden: een kersverse festivalorganisatie.

“Dis wonderlik wat se nuwe energie en insigte die vars span saambring!”, aldus Claassens.
Carina, laten we met jou beginnen: jij was al vanaf het begin betrokken bij het festival. Vertel alsjeblieft eerst iets over jezelf. Waarom ben je naar Nederland gekomen? En hoe ben je uiteindelijk bij het festival betrokken geraakt?
![]() |
|
Carina Claasens
|
[Carina:] Ek het soos Gideon Nederland toegekom vir die liefde. Ek het my man ontmoet in Tofu, Mozambique, waar ek as expat gewerk het (Fulco was op vakansie, toer deur Suiderlike Afrika). Voorheen het ek beeldende kuns en vormgewing gestudeer aan die Tshwane University of Technology en daar het ek ontdek my passie lê by keramiek ontwerp – ek en die klei verstaan mekaar.
Naast die keramiek het ek begin grafiese ontwerp en beeldende kuns doen. Ek het my eie sudio CC Art opgerig, maar toe ek Nederland toe kom het ek baie vinnig agtergekom dat Suid-Afrika nie heeltemal juis gerepresenteer is in Nederland nie. Die Suid-Afrikaanse kuns word deur veel Nederlanders nog altyd geassosieer met potte, maskers en krafts. Toe besluit ek, ek moet begin om uitstallings te organiseer in Amsterdamse galleries en word ek kurator by Ubunto Arts, wat die eerste grote Suid-Afrikaanse kunsuitstalling in Nederland is vanaf die laat negentientagtigs. Van toe af het ek verskillende goed gedoen vir Afrovibes en ander Afrikaanse projekte in Nederland.
Ek was dus maar altyd betrokke by die events en ek is ook baie lief vir my land. Ek is nooit uit Suid-Afrika weg omdat ek weg wou nie. Ek is getroud met ’n Nederlander, maar ek het nog steeds ’n verblyfsvergunning – ek wil nie ’n Nederlandse paspoort hê nie! Ek is erg oor dit: dis my identiteit!
Toe ek jare terug van Koos Bekker (Naspers) hoor Joris Cornelissen beplan om ’n Fees vir Afrikaans te organiseer, het ek onmiddellik vir hom gebel en gevra: Hoe kan ek help?! En toe begin ons saamwerk. Dis hoe dit alles begin het.
Gideon was als theatermaker ook al betrokken bij het eerste Festival voor het Afrikaans, maar jullie kenden elkaar geloof ik al van langer geleden?
[Gideon] Haha, ja jy is reg! Ons ken mekaar van die Tshwane University of Technology.
![]() |
|
Gideon van Eeden
|
[Carina] Hahaha, ja Gideon het vir twee maande uitgegaan met ’n Engelse meisiekind met wie ek ’n kamer gedeel het in die koshuis. Ek was in Heidehofkoshuis gewees en Gideon was in Tempo. Hij was die adonis van die akademie, haha. So toe ek hom op die foto’s van die eerste festival sien het ek lekker gelag!
Wat waren dat voor een foto’s? Was je toen al betrokken bij het festival, Gideon?
[Gideon] Die festival het my die eerste keer genooi om saam met Louise van Wingerden ’n teatervoorstelling te maak. Dit het ons met baie plesier gedoen, en dit was ook omtrent die laaste voorstelling wat ek self gespeel het.
Afgelope edisie van die fees het ek so geïnspireer geraak deur een van die films – ek kyk met ’n heimweeblik na die Suid-Afrikaanse flieks. Die eerste twee crane shots van Die Wonderwerker het my laat wonder: wat maak ek hier? Hoekom is ek nie besig om self goed te maak nie?
[Carina] Ja, ek kon regtig ’n verandering by hom sien. Hy het uit die fliek gekom met trane in sy oë. Hij was regtig geïnspireer om te gaan doen wat hy graag wou gedoen het en dit was só mooi om te sien.
[Gideon] Ek was lankal nie betrokke gewees by die Afrikaanse taal nie. Toe ek sewe jaar terug Nederland toegekom het, het ek nog ’n poging gedoen om met teater te begin werk, maar ek kon hier nie die soort teater maak wat ek in Suid-Afrika gedoen het nie. Ek het in die verlede politieke en maatskappelik kritiese stukke gemaak, en waar kan ek dit nou doen in Nederland? Ek het toe ’n aantal tekste geskryf vir Suid-Afrikaanse kunstefeeste, maar uiteindlik het ek heeltemal met teater gestop.
Die Nederlandse kunswêreld is baie anderste as die Afrikaanse. Wanneer jy in Suid-Afrika wys jy het ’n idee en jy werk hard om dit uit te werk, kry jy definitief ’n kans om dit te kan doen, maar hier is dit volledig versadig. Daar is eenvoudig nie genoeg geld vir alle kunstenaars om te kan maak wat jy wil nie. Ek het die gevoel die kunstenaars en die gehoor is moeg vir mekaar. Die uitdaging word groter om weird and wonderfull te wees eerder as om ’n verhaal te vertel. Theater hier het weird geraak!
Uiteindelik het ek begin werk as maker van reklamefilms vir o.a. Die Fonds Podiumkunste en South African Tourism. My werk as vryskut reklamefilmmaker bied my die geleentheid om dikwels te reis na interessante uithoeke van die wêreld, soos Suid-Amerika, Indonesië en Mexico, maar tog brand daar ’n behoefte om met my moederstaal besig te wees, en dis hoekom ek onmiddellik ‘ja’ gesê het toe Carina my vra om in die span vir die fees te kom. Nou is ek die Direkteur Film en Toneel van die festival. Dit beteken dat al my belangstellings saamkom.
En dan het laatste teamlid hier aan tafel: Michael Rickkets, hoe ben jij bij het festival verzeild geraakt?
[Michael] Ek woon al baie lank in Nederland maar ek is nog altyd baie betrokke by Suid-Afrika. Dit is ’n baie mooi maar ook baie ingewikkelde land en ek het agtergekom ek wil vir my eie gemoedsrus nie meer daar wees nie. Vir my is dit verskriklik belangrik dat die land vooruitgaan. In die tagtigs het ek meegeloop met demonstrasies op die Dam – Free Nelson Mandela – en daai type goed. Deesdae is ek veral betrokke via Facebook. Ek wil Suid-Afrikaners ’n andere perspektief wys en ek kan dit doen vanuit Nederland.
Dit het my baie lank gevat om my plek te vind in Nederland. Die eerste tien jaar het ek glad nie kontak gehad met Suid-Afrikane nie. Toe ontdek ek hoe baie Suid-Afrikane daar in Nederland is wat nie ’n plek het om saam te kom en saam te eet nie. Toe besluit ek om ’n restaurant te begin wat net Suid-Afrikaanse kos verkoop, en ook nog politiek bewus is, so het Tjing Tjing ontstaan.
[Carina] Michael ken ons al baie lank. Hy wou ook lankal betrokke wees by die festival maar Joris was voorheen baie beskermend. Die organisasie van die festival was in die verlede baie klein en dit was daardeur moeiliker om in te kom. Nou ons professionaliseer raak dit meer belangrik om ook ’n oop beeld buitentoe te skep. Ons wil graag saamwerk met baie mense en ons kragte bundel!
[Michael] Tjing Tjing het op die eerste festival net boerewors en samosa’s verkoop. Hierdie keer wil ons ook die kos doen, maar ons wil ook meer betrokke wees dan dit en saam dink oor die toekoms van die festival!

Nou weten we ten minste wie er achter de derde editie van het festival zitten. Tijd om het over het festival zelf te hebben: afgelopen maand is er een persbericht uitgestuurd waarin jullie hebben aangekondigd dat het festival wél doorgaat. Wat is er allemaal gebeurd in tussentijd?
[Carina] Alles het baie vinnig gebeur! Dit is nou eers ’n maand terug dat Joris afgetree het. Ons is op die goeie pad om al die ou mense en fondse van die eerste twee festivals weer betrokke te kry en ons is ook in gesprek met Nederlandse fondse en partners. Die afgelope maand het ons baie gelobby om te wys dat ons deurgaan met die festival!
Eintlik moes hierdie jaar al ’n festival gewees het maar ons wil dit heeltemal anders gaan doen en ook baie meer professionaliseer wat beteken dat ons meer tyd benodig.
Dit gaan ’n groot verskil wees met ander versies: ons wil regtig professionaliseer. Ons gaan goeie mense inhuur vir die bemarking en die tegniek. Vrywilligers is belangrik, maar ook onbetroubaar vir die groot werk.
[Gideon] Ons beplan om die festival groter te maak as net een fees. Ons het die fees in ’n stigting ondergebring wat almal verskillende aktiviteite gaan organiseer. Die festival gaan elke twee jaar terugkom, maar ondertussen wil ons ook elke twee maande iets anders doen: ’n film in filmhuis Rialto, of ’n konsert van ’n Afrikaanse artiest, voorlesings van nuwe boeke, dit kan eintlik alles wees. Ons wil Suid-Afrikaanse kunstenaars wat Nederland toe kom bystaan om konserte te reeël en so aan. So ontstaan daar ’n frekwensie en ’n kontinuïteit wat opbou na die hoofevenement: die fees. Ons wil dus konstant aanwesig wees. Dit is die groot verskil met die eerdere jare.
Jullie worden een stuk professioneler dus, maar wat is nou eigenlijk jullie visie achter het festival?
[Gideon] Ons wil brûe bou en kennis uitwissel tussen die twee lande, en Nederlanders wys dat daar ’n groot Afrikaanse bydrae is aan die Nederlandse kultuurerfenis. Neem byvoorbeeld die digter Elisabeth Eybers. Sy het lank in Amsterdam gebly en met haar Afrikaanse poësie ook onderdeel uitgemaak van die Nederlandse literatuur.
[Michael] Verder wil ons die fabel dat Afrikaans die taal van de koloniale onderdrukker is verder onderuithaal. Dit is nie die taal van die onderdrukker nie! Dit is misbruik deur ’n verkeerde groep mense wat dit sleg laat lyk. En dit gebeur steeds. Maar Afrikaans is eintlik ’n taal van baie verskillende groepe en ons wil dit wys aan die Nederlanders.
[Carina] Ons moet toon dat Afrikaans ’n inklusiewe taal is. Mens kan dit nie genoeg sê nie. Afrikaans is ’n taal wat gepraat word deur verskillende kulture. Ons wil mense kry van verskillende agtergronde om te perform. Ek sal persoonlik graag ’n skrywer van Xhosa herkoms se boek in Xhosa na Afrikaans vertaal wou sien, en dit ook kan aanbied in Afrikaans en Xhosa. Dat is wat ek wil sien op die fees! Ek is nuuskierig na die samewerking van Afrikaans met ander Afrika-tale. En ook na die verskillende variante van Afrikaans. Iemand soos Loit Sôls of Tribal Echo sal byvoorbeeld verskriklik goed kan werk op die fees!
Ons wil ook nie sommer net statiese voordragte doen nie, ons gaan werk saam met Poetry Circle Nowhere, om die poësie lewendig te maak. Ons beplan om ’n intieme atmosfeer te kreëer; nie net poësie vanaf die verhoog nie, maar literatuur met ’n wyn proe ín die café of met musiek. Mense soos Jack Parow en Francois van Coke, doen awesome acoustics! En ons wil artieste soos hulle kry om die gedigte voor te lees, met hulle eie stem en hulle eie vibes. Dis hoe ons die jong mense in kan kry: deur om te durf. Ons vind dat die vorige feeste nie gewaag genoeg was nie, dit was veilig. Ons wil die stoute toon, ons wil die ander toon, ons wil die gewaagde toon. Want ons is hier in Nederland, so ons kan dit doen!
Er is nog geen programma bekend. Hoe gaan jullie bepalen wie jullie op het festival willen hebben?
[Carina] Ons praat met baie verskillende mense, omdat ons dink dis belangrik dat dit nie ’n one man show word nie. Ons gaan werk met ’n paneel, baie demokraties. Ons werk nou saam met Suid-Afrikaanse kunstefeeste wat ons sal adviseer oor watter interessante goed daar anderkant gebeur.
[Gideon] Maar uiteindlik is dit die kernspan wat bepaal wat geskik is vir ’n Nederlandse publiek. Ons wil ’n beleid van by invitation only gaan handhaaf. Ons partners in Suid-Afrika het ’n adviserende rol wat baie belangrik is. Ons stel vervolgens hier ’n paneel saam van kenners wat moet beslis of ’n bepaalde kunstenaar sal kan werk in Nederland.
[Carina] Die statistieke van die eerdere feeste wys dat die grootste deel van die besoekers van die festival Nederlanders is. Daar is ook baie Suid-Afrikaanse expats, maar meer Nederlanders. En dis ook die doel van die fees: Afrikaans aan Nederlanders bekendstel!
[Gideon] ’n Voorbeeld van een van ons Suid-Afrikaanse partners is die kykNet Fiësta Award. Hulle gaan ons adviseer watter films ons kan gaan toon. Die filmkant van die festival wil ’n bietjie meer ambisie toon hierdie keer. Daar gaan twee spesiale awards kom: vir die beste dokumentêr en die beste speelfilm, baie glamorous. Dit moet wel ’n regte Nederlandse award word, met ’n Nederlandse jury. Ek is nou besig om ’n paneel saam te stel van meer objektiewe buitestaanders. Ons wil graag ’n opregte oordeel gee: eerlike refleksie van die Nederlandse kant.



