ek het ‘n wolf sien staan
in die deur van die katedraal
om sy enkels nog die kettings
‘n staalkraag om sy keel
voor die altaar daar lê hy
in sy soetane vol bloed
in sy hand steeds ‘n kruis
afgeskeur sy nek
ek het ‘n dwerg sien skuil
in die tuin van die katedraal
oor sy heupe lê die hale
smeersels bloed en stringe semen
wolf het ek sien wegdraf
oor die stadsplein
het ek sien vlerke groei
uit sy skof

