Fermentasie

  • 0

Bont blare
Bronsbruin en roes
Dans dartelend na benede
Soos vlammende kaggelvuur
In hierdie drake-uur
Beneweld deur die geur van fermentasie
Rypgeworde gis
Van hierdie gratis oes
Die aarde se voedende mos
Gewis, daar is herfs in muskadel.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top