FB
Jy het nogal ’n baie raak opsomming van die hedendaagse spirituele milieu aan die einde van jou brief.
Die hippie beweging was ’n baie belangrike ontwikkeling in die groei van die Westerse beskawing sedert die Middeleeue. Hierdie mense het baie verborge dinge oopgevlek. Ons, wie uit daardie era kom, weet van die geweldige gebrek aan raakvlakke tussen die jeug van die tyd en die ouer garde van die tyd. Hierdie tendens was verwoord met die term “the generation gap”. Baie beskrywend. Die hippie beweging en veral die opspraakwekkende Woodstock kuns en musiekfees, wat in baie groot getalle deur hulle bygewoon is, het veroorsaak dat die wêreld nooit weer daarna dieselfde was nie.
Die probleem van die tyd was juis dít wat agter die skerms plaasgevind het – dat die ouer garde en hul establishment, met uitsonderings na, gekenmerk was deur grootskaalse hipokrisie. Predikante wat meer gesteld was op ledetalle en inkomste, as verkondiging van die Evangelie; volwasse gemeentelede wat Sondae op die kerkbanke gesit het met vroom gesigte, maar die res van die week was gekenmerk deur wedywering, gehoer en rumoer, rugstekery, machiavelliaanse politiekery en wat nog meer, dinge wat nie met die ware Godsdiens en Spirituele groei vereenselwig kon word nie. Die jeug was egter heel hipokrities aangepreek oor hulle sogenaamde losbandigheid en van hulle was verwag om te leef en te doen soos wat hul ouers nie bereid was om te doen nie – herinner aan die HERE wat aan die fariseërs berispe het hoe hulle laste op die arme gemeentelede van die Bybelse tyd se skouers gelaai het, wat hulle self nie bereid was om te dra nie en na hulle verwys as gewitte grafstene.
So, ja, die hippies was ’n vreedsame teenreaksie teen daardie hipokrisie en onopregtheid en hebsug. Vandaar dat hulle alles bevraagteken het, veral ook die Amerikaanse oorlogspoging in Viëtnam. Vandaar dat hulle gestrewe het na vreedsame kommunes, back-to-nature filosofieë en ook geweldig baie klem gelê het op hulle spiritualiteit. Baie van hulle het verkeerdelik gemeen, soos wat Angus ook hier rondvertel, dat spiritualiteit en dwelm geïnduseerde hallusinasies sinonieme is. Maar soos George Harrison sê, soos jy hom self aanhaal, was dit vér van die werklkheid verwyder … Hulle verskillende kommunale groeperinge het letterlik elke religie onder die son ondersoek, van New Age regdeur tot by wiccanisme (suiwer satanisme was vir meeste van hulle heel onaanvaarbaar weens die grusaamheid wat daarmee vereenselwig word).
Maar dit was die charismatiese Christenskap, wat vir hulle massas van hulle die knoop deurgehaak het, veral ook omdat hulle verlossing daar kon vind van báie van die kettings waaraan hul gebonde gevoel het, ook dwelms. Hulle kon uit hul harte hulle Christelike Spiritualiteit uitleef.
Ja, dit was ’n tydperk, dié van die Baby Boomers, waar alle reglemente tot op hul fondasies oopgeruk was en vir opregtheid getoets was. Daaruit het baie sleg gekom, maar bepaald ook baie goed.
Max Yasgur, die eienaar van die landgoed waarop die legendariese Woodstock musiekfees van 1969 gehou was, het uitermate teëstand by sy mede raadslede van die omringende dorpe gekry, met druk om die musiekfees te verbied – maar hy het die gees van die tyd só treffend vir hulle opgesom:
I hear you are considering changing the zoning law to prevent the festival. I hear you don't like the look of the kids who are working at the site. I hear you don't like their lifestyle. I hear you don't like they are against the war and that they say so very loudly... I don't particularly like the looks of some of those kids either. I don't particularly like their lifestyle, especially the drugs and free love. And I don't like what some of them are saying about our government. However, if I know my American history, tens of thousands of Americans in uniform gave their lives in war after war just so those kids would have the freedom to do exactly what they are doing. That's what this Country is all about and I am not going to let you throw them out of our Town just because you don't like their dress or their hair or the way they live or what they believe. This is America and they are going to have their festival.
Daarna was niks weer dieselfde nie.
Groete,
Kobus de Klerk

