Fariseër
wat sou dit baat
’n vinnige gebed
by die aanskoue
van sy lyk
op die sypaadjie
reg voor die kerk
slaap hy nie al lankal knus
neffens die peperboom
onder sy plastiekkombers
en kyk ek hom nie aspris mis
wanneer ek verbyry
spare a thought
for the poor creature
manlief sê
kyk waar lê die sleg gemors
en nou
met selfone wat
saamdrom
op die sypaadjie
reg voor die kerk
neffens die peperboom
trek hul sy gesig toe
gooi ek ’n gebed boontoe
vir myself
beleë fariseër
Kommentaar
Pragtig. Roerend.
Ons sien hul elke dag. Tot ons hul nie weer sien nie. Vir elk is daar 'n peperboom wat wag. Fariseërs ook.
Diep en roerend, met waarheid van elke mens in onse mensedom.
Die wat kyk en die wat verby kyk.