Fanie Smit van RSG deur ATKV vereer

  • 1



Van links na regs: Japie Gouws (Besturende Direkteur ATKV Groep), Fanie Smit en Sakkie Kotze (ATKV Centurion en ATKV Direksielid)

Fanie Smit van RSG deur ATKV vereer

Fanie Smit van RSG deur ATKV vereer vir sy jarelange bevordering van die Uitvoerende Kunste. Fanie Smit bied die program “Loof die Here” al vir 40 jaar elke Sondag na die agtuurnuus op RSG aan.

Die ATKV het hom die afgelope naweek, tydens ‘n Feeskonsert in die Z.K. Matthews Ouditorium by Unisa, voor ‘n waarderende gehoor vereer. Fanie Smit is vereer vir sy jarelange samewerking met RSG in die verruiming van Afrikaanssprekendes se kennis en waardering van gewyde koorsang van Internasionale gehalte d.m.v. die radioprogram “Loof die Here”. Op hierdie wyse ondersteun hy die ATKV-visie wat ‘n suksesvolle Suid-Afrika uitbou d.m.v. onder andere die Uitvoerene Kunste.

Kore, sangers en musikante wat onder andere aan die suksesprogram deelgeneem het, sluit o.a. in: Die Magaliesberg Kinderkoor, Pretoria Mannekoor, soprane Hannetjie van Zuydam en Corli Venter, Dewald von Solms (tenoor) en Dani?l Verster (bariton), Wim Viljoen (orrel) en Zanta Hofmeyr (viool). Die gehoor het ook opgewonde saam gesing tydens die uitvoering van “Besing die lof van Jesus saam” en “Jerusalem”.

Die Centuriontak van die ATKV het weer soos met vorige konserte vir Fanie Smit, wat deesdae in die Kaap woon, ondersteun met logistieke re?lings, reklame, programontwerp, programdruk ens.

  • 1

Kommentaar

  • Cornelia de Bruto

    Ek is op soek na argiefopnames waar opnames vir die radio gemaak is van die Haller gesin wat die nuwe Psalmberymings gesing het in die Sestigerjare.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top