famous vuiste

  • 2

Foto: Canva.com

famous vuiste

kyk hoe lek my vriend se siel by haar oë uit
moet ek saggies vir Christus fluister
want sy wil nie hê mense moet weet
van haar moody boyfriend
en dié se famous vuiste nie
ek kan amper ’n song maak
met al die houe wat hy naweke
soos candyfloss uitdeel
en die chorus gaan obviously bestaan
uit die okapi-jaagtogte rondom die huis

kyk, Vader
hy gaan nog een Guy Fawkes-nag
haar liggaam opchop
en soos lekkers vir die honde en katte uitdeel

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top