"Facebook 'it" deur Linda Jansen van Rensburg

  • 0

Facebook 'it

Daar is mense op my spoor so het ek gehoor
maar daar is many ways om hulle te verloor
Ek sien ? request en trek nader my muis
en as ek jou delete, lag ek saggies in my vuis
Facebook is mos soos ? jail, jy sit rond en doen niks
Jy kry vir jou ? awesome profile pic en Facebook ‘it

Ek is ? Facebook addict en daar is vir my geen kuur
al kos dit my ? gat in die sak vir my internethuur
Jy is welkom op Facebook waar almal net rondhang
en as jy nie ? page like nie kan jy dit met ? ander vervang
Hier krap ons rond en post op almal se walls
van private tot comps en ook plekke soos die malls

Jy kry mal mense wat besluit om jou te poke
maar ek dink hulle is funny en ? joke, LOL
Ek gooi vir jou ? smiley as ek jou baie like
maar wys met my duim na onder en kliek unlike
As ek dan deur die page roll en na onder scroll
kan ek ook sien who goes with the flow

My beste pelle is ook hier, al het ons nooit ontmoet
Ons communicate met facial expressions en lawwe goed
Dit is ook die plek waar jy elke dag ? nuwe relationship het
single of married of engaged, of dalk soek jy net pret
Hierdie is dan ook die enigste plek waar jy met ? wall kan praat
sonder dat mense dink jy is gek en jou wil help met common raad

My ma dink Facebook is die enigste boek wat ek lees
en try alles om my te laat quit en my te genees
Quiting Facebook is soos om weg te loop van die huis
jy draai maar elke keer om en kom vat weer jou muis
Ek dink nog steeds my Facebook status is die beste
“If you can’t say it in my face, Facebook ‘it”

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top