Europa versus Afrika

  • 0

Africa's impressive growth

Hello Francois

Dit is duidelik dat jy ongelukkig is na aanleiding van die aanbieding van die verslag opgestel deur die Financial Times.

Tog, na ’n vorige brief deur jou geplaas, waarin die probleme van die Euro en EU deur jou uitgewys is, het ek dit opgevolg met hierdie brief as ’n onderskraging vir van die argumente deur jou aangebied.

Ondervra Comestor ’n bietjie oor die volgende wat van sy kant kom wanneer hy skryf,"daar bitter min wat regverdigbare entoesiasme vir Afrika kan wek" of Jan Rap, wat die volgende kwytraak, "Om die waarheid te sê, die einste ding is aan die gebeur in Somalië, die Kongo, Mosambiek, Zimbabwe, Zambië, Nigerië en Angola; niemand gee die mense daar werk nie en almal het hiernatoe verkas".

Daar is nou wilde stellings komende van die lede van die nuwe "Genootskap van die Regte Afrikaners".

By Comestor net soos met Jan Rap se stelling wil daar geweet word hoe dit water hou in die lig van die groeikoers in die aangehegte statistieke uitgewys. Vreemd dat Nigerië en Angola en Mosambiek ’n beter groeikoers toon as die sowat 3% wat Suid-Afrika, terwyl die drie lande wat volgens Jan Rap Suid-Afrika oorstroom beter vaar teen 7% ekonomiese groei en meer.

Inderdaad, elke woord wat deur die twee here getik word, moet met ’n sak sout geneem word.

Zimbabwe, inderdaad so, volgens syfers wat sirkuleer, drie miljoen, maar is daar syfers van die IMF of so wat deur Jan aangebied kan word om die stand van sake met Somalië en die Kongo kan bevestig en sekerlik is daardie "almal", hiperbolies.

Dit is te betwyfel.

Baie dankie
Wouter

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top