Eskom se eis vir prestasiebonus: toppunt van vermetelheid

  • 6

Eskom is in die moeilikheid. Sy skuldlas is enorm. In die dagblad Beeld is op 29 November 2019 berig :”Skuldlas word ál groter. Betaal in 2020 skuld: rente van R85 miljard.”

“Eskom se totale skuldlas beloop nou R454,2 miljard, teenoor die R419,2 miljard van ’n jaar gelede.”

Teen dié agtergrond is die eis van Eskom dat die tariefverhogings voorsiening moet maak vir prestasiebonusse ter waarde van R1.8 miljard  vir die huidige en daaropvolgende twee boekjare vermetel.

 Bo en behalwe die eis het Eskom ook president Ramaphosa se belofte dat daar geen beurtkrag sal wees van 17 Desember 2019 tot en met 13 Januarie 2020, tot niet gemaak het toe beurtkrag wel ingestel is.

Hoeveel langer moet die publiek en die Suid-Afrikaanse ekonomie gevange gehou word deur Eskom se onvermoë om die kragreus weer tot ‘n funsionele kragvoorsiener te herstel?

  • 6

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Ek ondersteun ANC se opinie dat Evkom na department van Energie gaan, DENEL na Departement van Verdediging en SAL na department van Vervoer.

  • Barend van der Merwe
    Barend van der Merwe

    Die verhoging van tariewe gaan niks help nie. Al wat dit sal bereik is nog besighede se deure wat sal sluit en ander sal van die netwerk afgaan en self krag opwek en die res sal nog minder krag gebruik. Uiteindelik sal die land se fiskale tekorte net nog groei, en Eskom se skuld sal vermeerder. Die enigste oplossing is privatisering, maar daarvoor is die politici te gierig. Daar is maar min lig aan die einde van die Eskom-tonnel. Die verbruikers is Eskom se melkkoeie.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Privatisering van Eskom en ander staatsinstellings gaan hoër pryse tot gevolg hê.
    Tyd dat hierdie instellings salarisse volgens skaal van staatsdiens betaal, dit sal aasvoëls weghou.

  • FC,
    Die manne daar se eis vir prestasiebonus? Jy moet darem onthou hy het nou 'n moerse huis,"high ryder" BMW, plat Merc, "high buck lifestyle" ens, jy weet mos hy moet dit volhou.

  • Avatar
    Hans Richardt

    Wat min besef, is dat Eskom baie privaat kontrakteurs het om kragstasies instand te hou. Dan oor prestasiebonusse, wie moet dit nou kry, topbestuur, middelbestuur of privaat kontrakteurs?
    Kontrakteurs kwalifiseer NIE vir prestasiebonusse nie. Topbestuur ook nie. Wie dan, lynbestuur by kragstasies of middelbestuur by streekskantore?

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top