Hallo Erika
Ja, dit is waarlik goed om weer van jou te verneem. Ek is veral vir jou part dankbaar vir die nuwe werk wat jy het.
Cornelius het so met sy lasterlike gemors met die Naam van die HERE Jesus nogal vir ’n tydjie mense liederlik mislei, maar die HERE se Naam is groot en Hy bevry Sy Naam van die lasteraars. Jy is natuurlik reg, Cornelius is al lank besig met sy onsinnige sinkretisme – oftewel new-age. Maar sy streke is openbaar gemaak en nou karring hy maar so op sy eie en met sy alter-ego’s aan totdat ook hy uiteindelik sal regkom.
Om vir hom te bid, is inderdaad die antwoord. Maar ter wille van ander, is dit ook maar nodig om van tyd tot tyd om hom maar net uit te wys. Hy is só fake dat selfs die agnostici deur hom begin sien sonder moeite. Net jammer dat sommige van hulle dit steeds ooglopend geniet om hom te prikkel sodat hy lasterlik begin manifesteer. Wouter, daarenteen, probeer op sy manier om Cornelius reg te help.
Groete,
Kobus de Klerk

