Engemi en Jan de Bruyn

  • 0
Engemi
 
Ek loop al vir 'n paar dae met gedagtes oor jou herinnering aan Jan en die gebeure na die publikasie van jou "plagiaat pleging".
 
Is dit nie ironies dat hierdie debat juis gaan rondom Jan nie, wat ook al na die publikasie van sy een bundel beskuldig was van plagiaat? Dit het hom die swye opgelê vir ‘n paar jaar. My eerste gedagtes was aan hierdie groot reus en hoe hy dit sou ervaar. Wat net 'n wonderlike herinnering moes wees aan 'n besondere persoon met ongelooflike diepte het die klem verskuif  na jou woorde.
 
Iewers, weet ek, sit hy skewekop, en met die half verbaasde, half geamuseerde trek immer op sy gesig, met sy eie gedagtes hieroor. 
 
Kan ons nie nou maar hierdie debat afsluit en net onthou dat dit uiteindelik ‘n groet vir Jan de Bruyn, die mens was nie?

Ronel Holtzhausen
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top