Dis miskien eers as jy jou byna vrek gesukkel het met vreemde tale in ander lande dat jy behoorlik besef hoe noodsaaklik 'n wêreldtaal is vir kommunikasie oor lands- en taalgrense heen.
Ek soek bv 'n onderdeeltjie vir my Fiat Uno wat nie meer hier te lande of in Italië beskikbaar is nie. Toe ek uitvind die karretjie word nog gebou in Brasilië, soek ek hulle webwerf op om 'n adres te kry. Maar dis alles in Portugees, g'n Engels sigbaar nie. Met 'n groot gesukkel kry ek toe 'n onderafdeling waar jy 'n e-posadres vind, steeds alles Portugees. Daar is verskillende onderwerpe waaroor jy kan skryf, jy moet een kies en dan jou besonderhede invul en jou boodskappie skryf. Portugees, Portugees, alles Portugees! So kies ek toe maar lukraak 'n onderwerp en gaan voort.
Skaars ses uur later kry ek toe 'n reaksie - in Portugees! Sover ek kan uitmaak, bedank hulle my vir my kommentaar, en dit is omtrent al. Dis seker 'n outomatiese respons, 'n lewende mens het natuurlik nie na my briefie gekyk nie. Gelukkig kry ek toe op Firefox 'n plek waar jy kan byvoegings aflaai, en ek laai 'n klein vertalingsprogrammetjie af. So kon ek toe darem weer 'n briefie skryf, onder die onderwerp "Klagtes", wat hulle darem seker sal lees. Nou moet ek maar wag en sien.
Intussen duur die taaldebat voort en Jan Rap is so besig daarmee dat hy nie reageer op my vraag wat hy self doen om Afrikaans op te hef nie - my briefie van 4 deser.
Groete,
Varkspek


Kommentaar
Comestor het ook 'n Uno, dalk ken julle mekaar? :>)
Beste Varkspek,
Daar is so baie Porras in SA...ek het tot 'n pragtige Porra pop gehad...