Engel

  • 0

maak my toe onder die sand
dit is makliker om hier te leef
bevolk deur ’n kolonie wurms
totdat op ’n oggend die wind my oopwaai
die meeue die vissers my aansien vir ’n gevalle engel

of die honde die boer
my skelet vind langs die rivier
kaalgevreet deur die krappe

of ’n skeurploeg my bene dolwe uit die grond
en werkers kniel hoed in die hand
die vroue gesange insit
en ene roep:
hier lê die laaste engel van die swartland

Envoi
waar lê die antwoorde vir die raaisels
van die ongedierte in die opdrifsels?
wie hou die kaart en transport vir die dood?

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top