Engel met 'n vuil gesig
Jy sluip saggies by die voordeur in
Soveel stories, maar jou tyd is min
Jy tel die jare, elkeen is vol
Stories van bravade en 'n lekker jol
Jy trek jou neus op vir ? tranetrekker
Jy wil makou skiet met 'n lekker treffer
En as die song speel kan niemand jou keer
die stilte maak jou ore te seer
REFREIN:
Jou spore was al oor al die grense
jy hou van paarties en jy like van mense
Jou hart is swaar, jou voete is lig
Jy's 'n engel met 'n vuil gesig
As Sondag kom sit jy voor in die kerk
met 'n wit Bybel minus 'n boekmerk
En jy sing harder as almal saam
maar jou gedagtes lê by Kroeg Zonder Naam
Maar jy soek meer as net 'n bottel likeur
jy soek net iemand om jou hart in te kleur
Want agter die gordyne sink die werklikheid in
'n aand vol gees is werklik te min
REFREIN
Is daar iemand wat jou sal bystaan
as die song stop en die tyd gaan stilstaan?
So sny die stilte deur al die geraas
toe ek saggies my hand in joune plaas
REFREIN
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


