Engel kind
Engel kind ek skryf jou naam
op die rotswand van die maan
Elke glimlag, elke tree
Binne in my hart graveer
Net soos elke stukkie seer
REFREIN:
Engel, engel van my
die tyd gaan gou verby
Maar dit sal altyd stilstaan vir jou en my
Want elke herinnering dra ek met my saam
Engel kind, engel kind van my
Ek wens jy kon vir altyd by my bly
Dis al wat ek oor het
geraamde foto's in 'n ry
Is nou vol stof
In 'n goue kou getoonset
Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.


