Siende dat jy vir ons ’n geskiedenislessie, indien nie ’n sedelessie nie, wou afsteek oor die euwels van Bantoe-onderwys in die jare vyftig, wat van ’n ewe geleerde uiteensetting van die situasie in swart onderwys voor 6 April, 1652, Wouter? Wat was volgens jou dan fout met Xhosa-onderwys, oorkant die Visrivier, dat hulle nie, soos Saul Bellow oor die Zoeloes gevra het, ’n Shakespeare dmv hul formidabele onderwysstelsel van destyds voortgebring het nie?
Ek verneem eweneens graag van jou wat jou mening is oor waar en wanneer die vreemde idee posgevat het dat blankes, spesifiek Afrikaners, pa moes staan om ander volke op te voed. Wat het ons verantwoordelik gemaak om Zoeloes en Xhosas op te voed en op te hef, maar nie die Franse ewe verantwoordelik gehou daarvoor om die Baske op te voed nie?
’n Intellektueel soos jy uiteraard sal besef moet mooi dink alvorens jy bostaande moet beantwoord, want ek kan jou baie maklik daarop wys dat Bantoe-onderwys inderdaad absurd was, maar bloot omdat Afrikaners NIE Japannese, Baske of Zoeloes se hoeders is nie; dat dit eintlik heeltemal te ruimhartig van ons voorouers was om so ’n verantwoordelikheid om onsself te wou neem.
Anton B

