En later

  • 0

Foto: Canva

En later

woorde bloei een-alleen
in die stadig blussende vuur
die winter te lank
koue van bo na binne
val ruggelings aan
in kamers waar beelde van gister
aan dun-dun draadjies hang
en die reuk van ouderdom
wat praatjies oor mikrobiotika
die klimaat en tye
van toe en nou
soos ’n kaft omvou

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top