Sandra Nortje

Sandra Nortje is die afgelope 23 jaar reeds ’n vryskutvertaler. Haar loopbaan as apteker en haar taalstudie (MA by Unisa) het haar toegerus vir dié taak in die vertaalwêreld waar sy tekste in die veld wat as Life Sciences bekend staan, vertaal.

Die afgelope jare het daar min van kortverhale of gedigte skryf tereggekom, maar die semesterkursus in Literêre Vertaling wat sy in 2022 by Stellenbosch voltooi het, het bygedra tot ’n hernieude bewuswording van haar behoefte om iets anders as kommersiële tekste te bewerk.

Poste restante

Sandra Nortje Poësie 2024-01-31

"die probleem met die teorie
van momente –
hulle’s moeilik te verklaar"

En later

Sandra Nortje Poësie 2023-08-31

"koue van bo na binne
val ruggelings aan
in kamers waar beelde van gister
aan dun-dun draadjies hang"

net voor pase

Sandra Nortje 2013-04-16

Sandra Nortje skryf, net voor Pase, ’n gedig.


Top