
Foto: Canva.com
Ek het gedink ek lewe
die dans en sing en vrolik wees
die klingelende klank van glasies
met die ysblokkies se klokkespel
was die musiek van heel my lewensdans
en toe
het jy verskyn
en ek het net geweet
dat ek tot daardie oomblik
nooit geleef het nie
dat niks wat was belangrik is nie
want nou is elke oomblik saam met jou
’n kosbare juweel in hierdie lewenskroon
van saamwees
jy vul als wat leeg was
maak my drome almal waar
ek weet nou ek was verlore
tot jy na my kom soek en my gevind het
jy vervul al my beloftes
jy’s die glimlag in my pyn
jy’s die stortreën in my droogte
die koel wind wat my laaf
jou liefde is ’n snaarinstrument
wat my met sy klanke rustig maak
jy vul my hele horison
van kant tot kant
en ek is lief vir jou


Kommentaar
Baie dankie vir die eer.
Beautiful!!