My informant, Mutz Willigh, het die volgende vertroulike inligting, wat hy glo van 'n ingeligte bron binne die Afrikaanse Departement van die Universiteit van Stellenbosch, verkry het, aan my oorgedra. Die Universiteit het, volgens my informant, besluit om die gesogte Riaan Cruywagenprys vir die Handhawing en Uitbouing van Standaard Afrikaans [Televisie] hierdie jaar [2012] aan die vervaardigers van Sewende Laan, toe te ken.
Mnr Cruywagen se kommentaar oor hierdie nuus was in tipiese Sewende Laan-styl; hy het net sy oë gerol en diep gesug.
Verlede jaar was die toekenning van hierdie prys ook in groot omstredenheid gehul toe dit aan Riaan van Heerden toegeken is vir sy program op kykNET, "Riaan praat met ..."
Enjee


Kommentaar
Ek wonder aan wie Mnr Cruywagen dit sou toeken?