"Elektriese Kind" deur Danie du Toit

  • 0

Elektriese Kind

Elektriese kind
ek is brawer as wat jy dink
Ek het saam my broers geloop
tot by die verste, verste punt
Dit was baie naby aan jou

En die winde kan my waai
Hel, ek sweer ek sal hier lê
Geen watertong sal my kan sluk nie
Geen wederkoms kan my ruk nie
nie as jy hier by my sit nie

Sit jy net daai vinger
elke nou en dan op my voorkop
Jy kan die Kersfeesliggies deur my
oë klop
my oë klop
Jy kan my lewendig skok

Elektriese kind
vir jou is ek nie bang nie
Hierdie bibber hou nie lank nie
dis net die hakkel in my long
Dit mag dalk lyk asof ek snik
ek verseker jou dis nie dit nie
dis nie dit nie

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top