Elders gesien: "Wie wil jy in beheer hê in so ’n krisissituasie?"

  • 9

Cyril Ramaphosa (Foto: YouTube)

Theo Du Preez skryf op Facebook:

Sosiale media ontplof oor die President se toespraak gisteraand. Ek het dit twee keer gekyk en ek kan nie sien wat die mense so ontstel nie. Die algemeenste vraag is: Waar kry ons skielik R500 miljard?

Hy het duidelik dit uitgespel: R130 miljard van die R500 miljard kom uit die huidige begroting; hulle gaan geld skuif van een prioriteit na die ander. Die ander R370 miljard kry ons van verskeie finansiële instansies, plaaslik en internasionaal. SA is ryk aan natuurlike hulpbronne, hulle sal nie te veel probleme hê om aan ons te leen nie. Hy praat van die BRICS-bank, die Wêreldbank en ander internasionale finansierders.

Ek twyfel nie daaraan dat hy die geld sal kry nie.

Tweedens: hy buig nie onder die druk oor drank, sigarette en die vroegtydige oopstel van die land nie. In my opinie, doen hy wat reg is vir die land en sy mense, anders as ander wêreldleiers wat doen wat vir hulle beleggings en sakevriende tot voordeel kan strek.

Om saam te vat: ek sal nooit vir die ANC of Ramaphosa natuurlik stem nie, maar hy doen so ’n goeie taak as wat hy moontlik kan onder die omstandighede. Daar is reeds bevind dat mense wat kerkbyeenkomste en begrafnisse bywoon, noodwendig die virus onbeheerd versprei, so social distancing is van kardinale belang.

Alternatiewelik: wie sal jy eerder in beheer wil hê in so ’n krisissituasie? Malema, Steenhuizen, Mazzone, Dlamini Zuma, Mkhize, Pieter Groenewald, Lekota, wie? Zille? Ek dink nie so nie.

Hierdie krisis bring ons almal saam, almal sukkel sonder inagneming van kleur of godsdiens.

  • 9

Kommentaar

  • Donata Griffioen

    Ek dink dit moet swaar las wees op sy skouers! Dié verantwoordelikheid vir sy land en sy mense hier in SA,
    Bid vir hom vir wysheid in al dié besluit wat hy moet neem!🙏🙏

  • Gustaf Claassens

    Ai, ai. Baie sterkte dan aan julle met julle ANC President en sy party met amptenare wat die land in 26 jaar totaal en al verwoes het. En ook hoe hulle die EFF rot en kaal besteel het van hulle beleid. Doen moeite en gaan kyk self. Gaan kyk ook na die President se toesprake en sy vyandige uitsprake teenoor ons mense as ’n minderheidsgroep sedert hy President geword het. Ons vergeet gou en vertrou maklik ...

  • Dis waar, mens kry die gevoel in sy toespraak dat daar net vir ’n bepaalde groep mense, “our people ” gesorg moet word. Ons is deel van SA, nes almal maar ons word deur die ANC as deel van die probleem gesien. So waarom omgee vir dit waarvan jy nie van hou nie?

  • Om die res van die 500 op te maak, gaan hulle die SAL-vliegtuie verkoop wat op “lease” is verkoop vir kontant?
    Vra namens ’n vriend.

  • Ek dink ons het ’n baie goeie president met ’n opregte hart. Ek wil beslis nie in sy skoene staan met al die kritiek nie.

  • Julle weet seker nie dat onse hooggeagte president en sy regering openlik diskrimineer teen wit besighede nie? Lees bietjie die nuus. Moenie dink alle rasse word en gaan oor dieselfde kam geskeer word nie, dan is diegene wat dit dink baaaiiieeee naief. Wat Ramaphosa doen is vir sy mense, nie vir my mense nie. Ander groepe word verduur vir hulle belasting en ander bydraes. Face the facts.

  • Theo du Preez, ek sit met 'n breinwroeging oor jou skrywe. Ek wil saam met jou stem, maar diep binne my is daar 'n stemmetjie wat skreeu. Ek dink persoonlik hy speel afgesien van die dreigende pandemie 'n baie slim politieke spel. Sy "teenstanders" die Zuma faksie, en ondersteuners het hy mooi saggies opsy geskuif. Hy het sy "vertrouelinge" nader getrek en hulle bestuur tans die land. Die vraag kom egter by my op, is hy regtig eerlik met sy bedoelings. Hy marginaliseer nie net sy politieke teenstanders nie maar ook die minderhede. Die spreekwoord lui mos, "keep your friends close, your enemies closer". Ons leef in 'n baie "gevaarlike tydperk" in ons land. Ons moet versigtig wees, ons neig na totale anargie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top