Elders gesien: Nuwe Testament, gedruk in 1647!

  • 4

Harde perkament-buiteblad

Koos Reyneke skryf op Facebook:

1647

Bewende hande

Vanoggend bewe my hande.

Een keer per maand probeer ek weer deur ou boeke werk wat uit die “hoop gemors” kom, agt sleepwa en bakkievragte vol goed wat sewe jaar gelede, uit die plaasskuur en motorhuis met ou geroesde dak vol gate en grond vloere asook sewentien vorige trekke net in my pa en oupa se leeftyd, oorleef het ... van Kaap, Stellenbosch, Sutherland, Graaff-Reinett, Cradock, Morgenster, Mochudi, Bosmanstraat, Brooklynn, Murraystraat, Groenkloof, Waterkloof, Saulspoort, verskeie adresse in Pretoria, Bronkhorstspruit en nou in Wapadrand ...

Vanoggend verskuif ek boeke wat voorheen gestapel was op soek na my oupa se “waardevolste besitting” (sy eie woorde in 1965 aan my, terwyl ek as student by hom en my ouma, ingewoon het), naamlik die “Autograph”-boekie waarin sowat sewentien Boeregeneraals en Kommandante geteken het, tydens ’n geheime vergadering in Cradock se pastorie, tydens die oorlog teen Britse magte, in 1901.

My hande bewe toe ek dié ou boekie oopmaak: ’n Nuwe Testament, gedruk in 1647!

Die boek is gedruk nog voordat Jan van Riebeeck Kaap toe gekom het, presies 373 jaar gelede! 300-jaar voor my geboorte!

Die buiteblad is ’n soort van harde perkament, wat wil kraak as mens dit hanteer.

Die binneblaaie wou ek so min as moontlik hanteer ...

Die agterblad het aantekeninge in “Skots” as ek so oppervlakkig loer...

Ek weet nie of die stamvader, Andrew Murray, dié boek in 1822 van Skotland gebring het en of dit in die bagasie van die eerste Adam Reyneke was wat reeds in 1726 as matroos, Kaap toe gekom het nie ...

Sal die boek na kenners neem om meer uit te vind ...

Gedruk in 1647

Opgedra aan Lord Earle of Loudoun en Lord Mauchlin.

Deur Davit Dickson

“Skotse” vulpen ink inskrywing op agter binneblad.

Voorwoord aan die geagte leser.

Onder die omslag steek goiingsaktou uit, waarmee die bladsybundels gebind is...

Jesus se Stamregister aan die begin van die Nuwe Testament.

  • Foto’s: Koos Reyneke
  • 4

Kommentaar

  • Barend van der Merwe
    Barend van der Merwe

    Sou lekker gewees het om daardie “autograph”-boekie te kon sien met die generaals se handtekeninge. Die wêreld sou ’n beter plek gewees het as alle Bybels in Europa agtergebly het.

  • As jy niks het om te doen nie moet dit nie hier kom doen nie, want dit is nie ’n speelplek vir verveelde kinders nie wat die klok hoor lui het maar nie weet waar die bel hang nie.

  • Avatar
    Hanno Visagie

    Koos Reynecke het my ongelukkig ontvriend omdat hy verknog is aan die dwaling van die Calvinismedogma.

  • Hanno Visagie

    Jy stel mos nie in die Bybel belang nie. Ek het jou ontvriend omdat ons argumente oor een van die drie Afrikaanse vertalings van die Bybel gehad het, en nie aanhoudend daaroor met jou wou argumenteer nie.

    Hierdie 1647 deel van die Engelse Bybel gaan jou dalk ook net kwaad maak...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top