Elders gesien: ’n Wind wat jou laat stry met mense vir wie jy lief is

  • 0

Jo Els skryf op Facebook:

Die wind maak my weemoedig. Nie daai wind wat in PE of die Strand waai nie. Disse fancy wind vir stadsmense wat iets soek om oor te kla. Ek praat van ’n stofdroog, Oos-Karoowind wat die een dorp nader aan die ander een waai. ’n Wind wat geen genade betoon nie, wat jou nie laaf nie, maar wat jou net mateloos moedeloos laat voel.

Daai wind wat deur die vensterrame kruip, onder die deurkosyne inwarrel, ’n wind wat jou laat stry met mense vir wie jy lief is. Omdat die wind ’n mens bemoerd maak. Jy kan dit nie keer nie. Jy kan dit nie sien nie ... jy kan niks daaraan doen nie.

Net luister ... en wag ... en sommer nog ’n glas wyn skink.

Dis al wat effens help, teen Die Wind wat net stof voortbring ...

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top