Elders gesien: Merkwaardige vrou – Elizabeth II

  • 1

Rudi Swanepoel skryf op Facebook:

Dié merkwaardige vrou – Elizabeth II – sal onthou word.

In ’n wêreld wat smag na stabiliteit (van byna enige aard) en smeek om leierskap, was sy ’n konstante.

Of mens ’n “monarchist” of ’n skerp kritikus van instellings, oorgeëerfde titels, mag en praal is, maak nie nou te veel saak nie.

Hulle gaan aanhou sê dat sy nederig was.

Hulle gaan aanhou sê dat haar diepste selfverstaan een van diens aan haar land en mense was.

Hulle gaan aanhou sê dat haar teenwoordigheid konstant was.

God save the lost, frightened, disheartened people.

 

  • Skets van Pixabay verkry.
  • 1

Kommentaar

  • Andries van der Walt

    Sal sy in dieselfde asem genoem word as koningin Victoria? En sal haar rol as hoof van die Britse koninkryk en die Gemenebes ook gelyk gestel word aan die invloed van die Victoriaanse tydperk?

    Mens sal nou wag en sien hoe die Britse monargie daarna gaan uitsien ná Charles die troon bestyg het en hy die veranderinge gaan aanbring wat hy beloof het.

    Maar daar kan twyfel bestaan oor die voortgesette aanvaarding van die Britse monargie deur Skotland, Wallis en Noord-Ierland.

    Australië wou alreeds ontslae geraak het van sy koloniale status, soos wel die geval was onder die Karibiese Eilande.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top