Karin Behrens skryf op Facebook:
Rakkers, almal van julle het seker gesien dat groot geleenthede soos die KKNK en Two Oceans Marathon as gevolg van die COVID-19-virus gekanselleer is.
Die kansellasie van geleenthede hou ernstige finansiële implikasies vir kunstenaars en die toerismebedryf in.
Ek wil vra dat julle asseblief sal voortgaan om almal wat vryskutwerk doen, te ondersteun. As jy ’n produksie of boekgesprek ens. sou bywoon, probeer asseblief steeds om boeke te koop en vind uit hoe jy ’n kunstenaar kan ondersteun.


