
Jaco Jacobs skryf op Facebook:
Dis vars Karoolug ná ’n reënbuitjie. Dis ’n vroegoggenddraffie deur jou grootworddorp, met jou matrassokkies. Dis die “wit” kerk van jou kinderdae. En die “bruin” kerk. En die “Engelse” kerk. Dis die huis waar AG Visser gewoon het. Dis die laaste huis wat jou ma hare kon noem, waar jy ook op ’n tyd gebly het. Dis die dorpsdam. Dis die watersloot, soms kant en wal ná goeie, welkome reën, waarin die munisipaliteit dit glo ’n ruk gelede goed gedink het om die riooldam te laat afloop. Dis die laaste oorblyfsels van die skouterrein. Dis die rugbypale waar jy nooit geleer het om ’n rugbybal te skop nie. Dis jou troppie bont skape, en jou kinders wat hul hart verloor op ’n plaasperd. Dis Erfenisdag.


