Elders gesien: Die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée

  • 0

Klik op Jodi-Anne se video, of volg hierdie skakel na YouTube.

Jodi-Anne Michaels skryf op Facebook:

Hierdie afgelope naweek het ek die voorreg gehad om die sewende Etienne van Heerden Veldsoirée in Cradock by te woon saam met my medestudente van die Departement Afrikaans en Nederlands by Rhodes Universiteit.

Wat ’n ongelooflike ervaring!

Ek het die geleentheid gehad om na inspirerende gesprekke te luister, nuwe boeke te ontdek, en skrywers soos Etienne Van Heerden, Ingrid Winterbach, Charl-Pierre Naudé, Tom Dreyer, Elmarié Dercksen, Darryl David, Annemarié van Niekerk en Anton Roodt, onder andere, ontmoet. Om met hulle te kon gesels en my boeke deur hulle te laat teken, was beslis een van die hoogtepunte van die naweek.

Ek het dit ook baie geniet om die Skryfskool vir Poësie saam met Bernard Odendaal by te woon. Dit was inspirerend en ek het soveel daaruit geleer.

Tussen al die sessies het ons ook Cradock verken, die pragtige historiese geboue bewonder en die Olive Schreiner-huis besoek.

Natuurlik kan ek nie vergeet om te noem hoe lekker dit was om na Andries Bezuidenhout te luister terwyl hy kitaar speel en sing nie. Dit was regtig baie cool!

Ek ry huis toe met ’n tas vol boeke met handtekeninge en nog meer inspirasie om aan te hou lees en skryf.

Baie dankie aan ons dosent Marisa Botha wat hierdie naweek moontlik gemaak het. xx

#etiennevanheerdenveldsioree #litnet #rhodesuniversity

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top