
Albert du Plessis skryf op Facebook:
Zapiro en Daily Maverick se bysiende kommentators hardloop ook nou vas in die muur van hulle eie gebrek aan insig. Die stommerike besef nie hoe bevoorreg (lucky) hulle is om tans in SA te wees nie.
John Steenhuizen en die DA kan nie eerlik wees oor wat voor hul oë gebeur nie. As hy eerlik is, sal dit hom stemme kos onder hul blindbevoorregte stembasis. Die DA is in elk geval nog op die partylyn van die Amerikaanse wêreldorde. Blind gestaar teen “Ukraine and Israel according to Washington.”
Die wêreld kan sien dat Amerika en Navo op die oomblik die verloorperd is. Israel en Oekraïne is besig om Amerika en die Weste onder te trek. Navo val uitmekaar uit. Cyril kan mos nie nou nie die obvious verloorperd opsaal nie? Brics is die toekoms.
Amerika is ’n oorlogindustrie. China en Indië is produksie-industrieë.
Brics werk alreeds aan 'n nuwe betaaleenheid en internasionale betaalstelsel. Buite die Dollar om. Buite die Petrodollar om. Die Saudis is alreeds in op dit.
Terwyl USrael die wêreld wil terugbom tot in die steentydperk in, bou China aan die toekoms. Hulle weet dis nie wys om jou kliënte te bombardeer nie.
Interessant hoe die ou Progge, wie se bloedlyn in die DA oorgegaan het, destyds so hard teen apartheid baklei het, maar nou tjoepstil is oor Israel se apartheid onderdrukking van die Palestyne. Die wêreld sien dit ook raak.
Cyril is eerder almal se vriend as almal se vyand. Dis beter vir besigheid. En SA baat alreeds daarby. (Vra maar vir enige Naspers-aandeelhouer.)

