
Foto: Canva.com
Ek wil
Ek wil vir jou die soetste katjiepieringblom gaan pluk
En jou hier styf teen my hart se geklop vasdruk
Ek wil vir jou die mooiste bos daisies kom gee
En met my ou vaal trui se mou jou hartseer wegvee.
Ek wil hê jy moet terugdink aan hoe Pa se sweet peas ruik
En ek wil hê dat jy my liefde as jou skuilmuur moet gebruik
Ek wil baie dinge, Yolanda, maar ek wil ook ietsie vra
Dat jy my altyd daar in die holte van jou hart sal ronddra.


Kommentaar
Dit is so hartseer en so mooi, en tog lees ek dit oor en oor.
Dit roer my hart en vat my plaas toe. Diep hartseer in die skrywer.
Pragtige gedig waar die besorgde ousus haar jonger sussie wil troos, bemoedig en beskerm.
Baie dankie.
So mooi 🙂
The love and care for your sister is so amazing.