Ek wil skei, maar weet nie hoe ons bates sal verdeel nie

  • 4

Ek is op 'n haar in dieselfde boot as jy. Dit is net baie vreemd dat vrek baie mans dronklappe en vroueslaners is. Maar die vrouens van sulke mans is vrek verlief op die skuim en hulle sê hulle mans is die beste, want hulle slaan die seerste. Ek het nooit 'n bar besoek na ek van die werk af kom nie. Om my vrou te please het ek tot my beste vriend verloor. Ek is nou vriendloos.

My vriend is die grassnyer. Partymaal sit ek vir ure daar agter die motorhuis en probeer ander planne maak. Ek werk nou weg van die huis af en wil nie meer teruggaan nie. Ek dink nie aan skei nie want ek breek nie beloftes nie. As ek wel vir 'n naweek tuis is, groet ons net, sonder om aan mekaar te vat, praat ons dalk so honderd woorde met mekaar. Ek kan net nie wag om weer terug na my huis toe te ry nie. My kinders is albei dwelmverslaafdes en die een het sommer vir hom 'n meisie oor die kleurgrens gevat. Ek is tans ouderling en het hoë lewenswaardes. Eintlik het ek gevlug uit my area uit. Nou kan ek darem weer my neus by die deur uitsteek. My vrou is ook deurmekaar met 'n man baie ouer as sy. Van die mense wat ek ken in my tuisdorp het my al gesê dat hulle die ander man se motor gereeld by my huis sien staan. Toe ek haar konfronteer oor haar probleem, is dit reguit in my gesig gesê dat sy vir haar 'n ander liefie gaan kry. Die huis is op haar naam en ons is buite gemeenskap van goedere met die aanwasbedeling getroud. Kan ek die helfte van die huis eis as ek wil skei? Die twee kinders is uit die huis. Verband is op haar naam en die huurgeld van die aparte woonstel betaal die huis. Ek het nie nou verhoudings nie.

Lukie
 

  • 4

Kommentaar

  • Ja jy kan. Een van my vriende is deur dieselfde as jy.

     

    Die egskeidingwet is baie spesifiek wat dit aanbetref na weerskante toe.

     

    Die verdeling is 50/50. 

  • Ou boet danki nou weet ek daar is iemand wat meer k..k het as ek sterkte  jy sal wen as jy wil.

    • Ek wil skei, maar my man is nooit hier nie. Hoe maak ek? Hy bly vir 3 tot 6 weke weg van die huis af, kom net vir 1 dag dan gaan hy weer ...

  • Wel ek  dink jy en sy het klaar julle mind op gemaak. Skei, dis maar al en kry iemand in jou lewe wat jou sal bystaan in alles en jy ook so doen vir haar. Weet skei is nie maklik nie maar dis nie 'n lewe om so aan te gaan nie.

    Jy sal weer bo uitkom. Wees net positief maat.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top