Praat ons heeltemal by mekaar verby? Ek het tog die stellings gemaak oor olie en melk en Coke, het ek nie? Ek handel nie direk met ruolie nie maar wel met van die neweprodukte. En verseker met Coke en Pepsi en melk ens. Ek herhaal: dui aan waar ek gelieg het. Jy moet my tot leuenaar maak en nie met jou kwasi-geleerde kak kom nie. Want enigeen met ’n rekenaar kan dit doen. Ek vra pertinent: waar het ek gelieg oor die prys van petrol, melk, Coke, Pepsi, baked beans of wat ook al? Ek het mos die bewerings gemaak, het ek nie?
Bewys my woorde verkeerd oor Opec. Ek het jou nie bang probeer maak nie. Opec se doen en late is al vir meer as 50 jaar openbare info.
Ek wil net weereens herhaal: ek het nie die woorde "komplotte" gebruik nie. Wat ek wel gedoen het is om vrae te vra oor waarom die pryse van noodsaaklike produkte so hoog is terwyl die werklike kostes relatief daartoe glad nie sin maak nie. Jy is die ene wat in opvolgbriewe slinks my naampie genoem het toe jy ’n vae geskrif oor "conspiracies" (ek is bereid om geld te waag dat jy nie eens die boek besit nie) kort en selektiewe aanhalings geplaas het.
Waarom moet ek dokumente via Webvoet aan jou stuur? Ek werk bedags my gat af juis om dwase soos jy van hul geld te skei en het net ’n uur of twee in die vroeë oggend om hier te tik. Is jy te donners lui? Moet ek, as ek jou na die dam toe moes lei jou nog maak drink ook? Bloot sodat jy met vae innuendos kom se ek dink alles is ’n komplot? Gorrel jy soggens Rattex, dude?
Ek het gesê dat daar buitensporige pryse vir produkte van jou, Wouter , verhaal word. As jy ’n komplot inlees is dit jou probleem. En noudat ek weer dink is dit mos jy wat met die conspiracy idee vorendag gekom het, of hoe? Jy het haywire gegaan en jou bandwydte loop brand om aanhalings uit boeke wat jy tien teen een nooit gelees het nie (ek ook nie, mind you) hier aan te haal. Jy het die boeke gelees maar sukkel nog om die woorde op papier toe te pas.
Om ’n kosteberekening te doen oor enige produk is eintlik moer maklik en ek staan verstom dat jy dit nie kan regkry nie.
Hier is my voorgestelde pryse (en dis my eie, bloot op grond van my eie aannames. As jy verskil moet jy mos aandui waar ek fouteer, en nie op vae geskrif staatmaak nie):
Petrol – R6 per liter
Coke – R6.20 per liter
Melk – R6 tot R6.50 per liter
(Hoe kan ek skakels verskaf as dit bloot my eie opinie is, dude? Jy het geen opinie van jou eie nie. Jy maak staat op ander en slimmer outjies om die dinkwerk namens jou te doen sodat jy bloot kan “copy en paste”.)
Ek lees egter jou woorde en jy maak eintlik 100% sin. Spesifiek oor die vermaaklikheidswaarde en al die lekker dinge. Wel, jy en KdK kan mekaar vermaak, want uiteindelik is dit al wat gaan oorbly hier. Ek is nie bereid om vir jou of enige van jou maters ’n nar te wees nie, ek is dit elke dag in elk geval.
Ek het jou bloot gevra om my woorde verkeerd te bewys en jy kon dit nie eens doen nie, tewens, jy het nie een enkele punt verkeerd bewys nie.
oester
Brief verkort. – Maggie

