
Foto: Canva.com
- Waarskuwing: Die taalgebruik in die gedig mag lesers ontstel. In hierdie teks kom pejoratiewe terme voor wat deur lesers as aanstootlik en beledigend ervaar mag word. Hierdie terme word in die konteks, soos uit persoonlike ervaring beleef is, aangewend. Lees op eie risiko.
ek wil kaalgat buite hardloop
en homofobe se poeste skree
ek wil my liggaam oopsny
en wys dat ek nie met vigs rondloop nie
ek wil my naam op my rug uitkerf
en vir almal wys dis nie:
moffie, moffie-vriend, meisa en yes girl! nie
ek wil op elke godsman se skoot gaan sit
en hulle my hart en menslikheid wys
ek wil almal voor God laat sit
en hulle Hom laat vra of ek
enigsins betrokke was
toe Hy my geskape het


Kommentaar
Treffend, puik!
Verstaan nie mooi wat so aanstootlik is nie. Nietemin, pragtige gedig.
Dankie vir die lees en kommentaar, Morné en Feng. xoxo
Neo, ek sê mos nog heeltyd jy het uitsonderlike talent en skryfstyl.
Nie almal gaan jou altyd verstaan nie (en soms 'n questionmark gooi...) maar die wat wél die moeite doen om dit weer te lees en dieper verstaan ...sal weet jy is begaafd.
Mich, vielen danke vir jou mooi woorde. Ek waardeer jou. 🙂
Neo Neo.....eks so geweldig trots op jou!
Gaan voort om ander te inspireer met jou talent! Ek sien uit na jou eerste digbundel!!🤗✍❤🏆🔥🌱
Mr. A, ek moet vir u bedank vir die bemoediging, en mentorskap!!! 🙂 🙂 🙂
Dankie dat Mr. A altyd mooi woorde het vir my!!!
xoxo