Sanlam Sing 'it-finalis: "Ek wens jy was nie so mooi nie" deur Engela Pretorius

  • 0


Ek wens jy was nie so mooi nie

Ek bel jou, maar jy sit die foon net neer
Ek gaan kyk TV dan probeer ek weer
Ek weet nie hoekom jy kwaad is nie, wat is dit nou alweer?
Ek het my sleutel vergeet by jou agterdeur
Ja, dit is al hoekom ek bel, wat makeer?
Nee, ek het nie geweet ek het iets verkeerd gedoen nie?
Ja, ek het agtergekom dat jy my nie wou soen nie

Woohoo, praat met my hand
Woohoo, praat met my hand

Die eerste rooi lig was toe ek in my Superman boxer kafee toe was
Jy wou nie saam my loop nie, want dit was mos nie gepas
Hoekom is dit nodig om 'n broek aan te trek?
My boxer is genoeg, hy doen mos al die werk
Dis net 'n kafee die, nie 'n "fancy" dinee nie
Ek lyk goed en ek weet dit, jy's net bang iemand sê dit
Was dit regtig nodig om buite te bly sit?

Woohoo, praat met my hand
Woohoo, praat met my hand

REFREIN:
Ek is oor dit, ek is klaar
Ek gaan nie my hare sny nie of bedaar
Bel jou BFF en praat met haar
want fluit-fluit ons storie is uit
Vat al die briewe
en druk dit
Vat al die tjoklits
en sluk dit.
Ek wens jy was nie so mooi nie

Die tweede rooi lig was toe jy verjaar
Hoekom moes ek onthou? Dit gebeur mos elke jaar
Was dit regtig nodig om my so uit te trap?
Ek koop toe vir jou 'n pakkie Nik Naks om op te maak
Dit was uit my hart uit, regtig, en nie 'n grap
Was dit regtig nodig om te sê jy wens jy kon my klap?

Woohoo, praat met my hand
Woohoo, praat met my hand

REFREIN

Die derde rooi lig was toe jy my vir my vra
om my PlayStation te los en jou te help dra
Ek was in die middel van iets belangrik
toe draai jy om en sê dis belaglik

Kom ek sê jou wat is belaglik, ek hoop jy luister nou aandagtig
Ons een-jaar herdenking sou "legen-wait-for-it-dary" wees
Ek het alles self beplan, ok fine, Google het gehelp met 'n paar idees
Daar sou rose en goeters soos kerse wees
Ek het selfs my neushare gepluk, toe moes jy mos kom en alles opvurk
So wat daarvan as al my vriende daar was?
Dit het dit mos net alles beter gemaak
Was dit regtig nodig om so 'n helse scene te maak?

Woohoo, praat met my hand
Woohoo, praat met my hand

Hoekom verander jy nie sommer alles van my nie?
My vriende, my skoene ,my woorde, my tone
Ek het net gesê "bro's before dot dot dot"
Dit tel nie
Hoekom autotune jy nie sommer alles wat ek sê nie
sodat dit klink soos alles wat jy wil hoor nie?

REFREIN

Aan die begin van hierdie ding, was ek definitief in
Ek het na jou geluister en gehoor, meer as net die eerste sin
Maak dit so drie op 'n slag, maar wag
ek was verlief en ons kon lekker saam lag
Ek het jou geBBM, omtrent elke dag
Toe begin jy baklei
omdat ek my teddy altyd moet saamvat as ons gaan fliek of DVD's kry
Ek hou van my teddy, okay?
Hy simboliseer goeters vir my
Ja, ons moes al die pad terugry om hom te gaan haal
Maar ek sou nie sonder hom ingaan nie, kom reën of hael

Woohoo, praat met my hand
Woohoo, praat met my hand

Die laaste rooi liggie brand so effens dof
maar ek noem dit want hy brand tog
Dis die dag in Pick n Pay, onthou jy?
Wie se skuld is dit dat jou en daai meisie se hare en rokkies presies dieselfde was?
Is jy regtig so verras?
So what as ek gedink het sy is jy?
Ek het net gevra of ons die brood vir jou ma moet laat sny
Ek het dadelik besef dit is nie jy nie
Dadelik
Die oomblik toe jy my op my skouer tik
Was dit regtig nodig om my te gooi met 'n mixed beans blik?

REFREIN

Woohoo, ek wens jy was nie so mooi nie (x4)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top