Ek wens

  • 6

Foto: Canva

Ek wens
(met dank en erkenning aan André Serfontein)

ek wens

al die ekonome
joernaliste
al die regsgeleerdes
hooggeleerdes
al die reklame –
presidente
die politici
pedagoë
en teoloë
(en sommer alle grootmense ook)
se woorde droog eensklaps op

sodat die hart weer vry sal sing
in gewyde, gesalfde stiltes

sodat jou lied duidelik hoorbaar
sal wees bo my eie geraasvlakke 

almal behalwe die kinders –
laat hulle nuwe wêrelde oop praat
ontdek
en verken
met oë wat steeds heel is
met harte wat onskuld ken
en onbewus bewus is

  • 6

Kommentaar

  • Ek kan nie meer saamstem nie. Dink aan die verskil wat dit in die lewe sal maak as almal (behalwe die kinders) net vir drie ure NIKS praat nie. Uitstekende werk, Willem. Baie dankie hiervoor.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top