"Ek vra maar net" deur Charles Kotzé

  • 0

Ek vra maar net

Ek vra maar net
Ons storm so deur die lewe
Ons woeker, woel en strewe
om dan maar net te vind:
Als ? gejaag na wind

REFREIN:
Weet jy wat jy is?
Weet jy wie jy is?
Weet jy waar jy is?
Ek vra maar net

Ons soek en stry en veg
want elkeen soek ? weg
om eerste te wil wees
ten koste van siel en vlees

REFREIN

Ons kan onsself nie keer nie
Ons ag mekaar nie meer nie
Dink net aan die eie-ek
Veg net vir die eerste plek

REFREIN

Kan ons ooit ? ander ken
as ons altyd net wil wen?
Gee ons wel vir ander om
as ons nooit tot rus kan kom?

REFREIN

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top