Geskryf vir: Alle kunstenaars
Ons storm so deur die lewe;
ons woeker, woel en strewe
om dan maar net te vind:
als 'n gejaag na wind.
Refrein:
Weet jy wat jy is?
Weet jy wie jy is?
Weet jy waar jy is?
Ek vra maar net …
Ons soek en stry en veg,
want elkeen soek 'n weg
om eerste te wil wees
ten koste van siel en vlees.
Refrein
Ons kan onsself nie keer nie.
Ons ag mekaar nie meer nie;
dink net aan die eie-ek;
veg net vir die eerste plek.
Refrein:
Kan ons ooit 'n ander ken
as ons altyd net wil wen?
Gee ons wel vir ander om
As ons nooit tot rus kan kom?
Refrein

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

