Ek vind dit oulik

  • 1

Dat daar hulp vir Angus “van onder af” opduik, ’n noodoproep aan mede-ateïste om moedige Angus by te staan in sy verbete afwering van die “christelike aanslag”. Daar sal weer groot gewag gemaak word van al die wetenskaplike vertwyfelinge en ontkenning deur vername doktorale ateïste. Maar wat gerieflik en gerusstellend vir hulle is, word vanuit hul eie geledere betwyfel. Soveel so dat die Christelike “Oscar “, die Templeton-prys,  toegeken en aanvaar is.

Ek noem ’n paar  agnostiese/ateïstiese Doktorale alumni (alumni, want daar is mos ook dwepelinge/valselinge wat hulself  ’n “doktoraat”, ook in die Christen-wêreld, toeken), wat in die jongste tyd oorgekom het, net soos daar vanuit die christelike geledere oorlopers na die “onderwêreld” was/is.

Dr John Taylor (fisikus, The Neutron story).

Dr Francis Collins (The Language of God).

Dr Martin Rees (ontvanger van die Templeton-prys) vir sy gedagte dat alles nie maar net kon ontstaan het nie.

Dr D’Espagnat (Templeton 2009) vir sy denke oor die menslike bewussyn.

Ek loop gister heel toevallig by die plaaslike tak van Cum-boeke in en sien sommer met die eerste oogopslag, Die Einde deur Jan du Rand, raak. Dit is nou in my versameling en lê op my bedkassie saam met drie ander verspreid oor verskillende velde/onderwerpe (niks is fiksie nie, ek lees nie romans nie). Op die agterblad is die endossering van drie professore wat in die nuwe testament onderlê is:

Prof Fika van Rensburg (Potch)

Prof Stephan Joubert (UOVS)

Prof Bernard Combrink (US)

Boeta, gaan ek lekker lees !

So terloops: Gen 1 begin met “In die begin het God die hemel en die aarde geskep”  en Johannes in die nuwe testament met “ In die begin was die Woord daar”. Interessant!

 Groetnis

Raed-na-Gael

 

  • 1

Kommentaar

  • Raed
    Natuurlik bestaan die gevaar dat professore, doktors en ander geleerdes se godsdienstige/agnostiese/ateïstiese menings deur 'n leek as gesaghebbend beskou kan word, al het hulle geleerdheid en vakspesialiteit absoluut niks met godsdiens al dan nie te doen het. Onder Hindus, Jode, Boeddhiste, Moslems, ens word geleerdes met doktorale grade ook gevind wat hulle godsdienstige al dan geen menings wat uitgespreek word, deur ondersteunende leke as foutiewelik waaragtig beskou word.
    Ek weer verheug my in die gay geleerdes wat hulle stempel op die samelewing afgestempel het:
    Neil Divine: astrophysicist
    Allan Cox: geophysicist
    Jim Pollack (student van Carl Sagan): astrophysicist
    Alan Turing: Mathemetician & vader van die rekenaar
    Bruce Voeller: biologist
    Colin Turnbull: anthropologist
    En die vernaamste van almal, Leonardo da Vinci.
    Om maar net 'n handjie vol te noem. Wat hulle godsdienstige siening al dan geen was, traak my hoegenaamd nie. Ek is eenders en in gemeen met hulle in my seksuele oriëntasie as wat oor hulle godsdiens of geen godsdiens sou belangstelling getoon het.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top