"Ek soek na jou" by Taki

  • 0

Ek soek na jou

hier op die randjie
van dit wat is
sit ek lewenslank vasgevang
agter glas en kyk
hoe mense lag oor niks
raak dit soms net
bitter donker en alleen

sonder dat ek
tyd of rigting weet
grou ek blind en onverpoos
‘n donker tonnel
met die hoop om eendag
in jou mesomorfe arms
die lig te breek

ek wil ontkiem
in die dieptes
my anker laat groei
in die blommegeur

sedert altyd en
deur duisend oomblik
het ek
metronoom gesoek na jou
met die trae tog van tyd
het ek nie nou
lank genoeg nie aangehou?

net nog ‘n sandkorrel glo
in die duine van verlang
wat eindloos rimpel
oor die horison van tyd

ek wil ontkiem
in die dieptes
my anker laat groei
in die blommegeur

soos die reën moet jy kom
en my hart ontkors dat                    
dit wat lank reeds oorwinter
uitbundig kan bot
soos ‘n veldblom
in Nawakwaland se lug

ek wil ontkiem
in die dieptes
my anker laat groei
in die blommegeur

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top