Ek soek jou nou
Ek wil nie meer weet van reg of verkeerd
Ek wil nie eers dink aan die donker dele van my hart
En ek stel nie belang in die sinsnede oor ander se smart
Want ek soek jou nou
Ek wil ook nie vir jou ? e-pos brief kom skryf
om te help teen die honger van my lyf
Of ? liefdesliedjie van ver vir jou sing
en te wens dalk kan die somerwind dit vir jou bring
Want ek soek jou nou
Ek wil nie wonder wat jy doen
Wn waarom jy soveel dinge nooit vir my kan sê
En ek wil nie wag om vir oomblikke van vreugde
in jou arms te kan lê
En te wees wie en wat ek werklik is
Want ek soek jou nou
Ek wil jou nie deel tot daar duisend van jou is
en ek elke een van hulle mis
Want om weg te gaan van jou
en jou nie by my, teen my, in my hart te hou
is meer as waarmee ek kan aanhou en volhou
Want ek soek jou nou


