Ek skryf jou
Om met gedagtes stil te sit
Openbarings in skewe vlug
En jou tussen fyn blou lyn uit te kerf
Maak die skryf vanaand die moeite werd
My woorde gee jou lewe
Ek dikteer jou in elke sin
My hand jaag jou oor papier
En vang jou tussen ’n komma en ’n punt
Ek skryf jou, ek skryf jou perfek
Ek wil jou voete aan die vers vasbind
Jou vryheid gee in die reëls
Want ek is bang, ek is bang
Ek het jou dalk net verbeel
Die fiksie van die oomblik
Laat die werklikheid in skaamte aan jou dink
Jou storie is nou verewig
As die letters van jou lyf stol in swart ink
![]() |



