''Ek sien jou gesig'' deur Juandre Marais

  • 0

Ek sien jou gesig

Ek sien jou gesig in die wolke
Dit lyk so mooi as jy smile,
Knik weer daai groen oë my bokkie boklam,
Vanaand, vanaand mis ek jou …

Ek wens jy was hier,
Net hier waar jy hoort.
Ek sou graag net weer met jou wou praat!

Ek sien weer jou gesig in die maan se skyn,
Ek kan ure lank net daarna staar …
Die sterre se glinster weerspieël ons geluk,
Ek koester al ons oomblikke saam.

Ek wens jy was hier,
Net hier waar jy hoort.
Ek sou graag net weer jou wou soen!

Ek sien weer jou gesig in die son,
Die warmte weerspieël al jou liefde.
Daar was altyd tyd vir ‘n grappie,
Of dalk n drukkie my lief!

Ek wens jy was hier,
Net hier waar jy hoort,
Daar was so baie wat ek nog vir jou wou doen …

Ek onthou nog ons heel eerste soen!

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top