Ek onthou die skooldae
Ek onthou die skooldae met 'n kosblik vol liefde
Ma het broodjies en Melrose ingepak
En pa het my skooltoe met die bakkie gevat
Ek onthou my tas was vol boeke gepak
Met kleurkryte en cheap chocolates met neute
Maar die huiswerkboek was meestal vergete
Ek onthou pouses op die gras
Onder bome en in die skadu
Of agter die snoepie en tussen die rugbypale
Ek mis vir Trompie en sy Boksombende
Moemin en Dawie die Kabouter se ellende
Ek mis die Swartkat en die superheroes van ons dag
Hoe ons almal vir Power Rangers kon lag
Ek wens ons kon wel weer Brakkenjan se deuntjie sing
en een vir almal en almal vir een terugbring
Min het ek geweet die dae sou vlieg
My vriende sou verdwyn en nuwes sou verskyn
Min het ek geweet dat my werk meer sou raak
En my mooi sub A onnie verloof sou raak
Ek onthou die skooldae met 'n kosblik vol liefde
Ma het broodjies en Melrose ingepak
En pa het my skooltoe met die bakkie gevat


