Ek is nie Cornelius Henn nie!

  • 4

Ek is nie Cornelius nie, ek is eerder 'n Haan as 'n Henn!

Vir die sogenaamde tant Alie: Miskien is jy nie Kobus se alias nie, maar dit is opmerklik dat, sodra dinge vir hom begin warm raak, jy en 'n paar ander helpers inspring om hom te steun.

Die kommentaar deur "Dolf" is duidelik deur Kobus self geskryf, dit is die bekende styl, deurspek met beledigings, bv dat ons "idioties" is en nie die "woord' verstaan nie. Dit gebeur wanneer ons duidelike foute en weersprekings in die bybel uitwys: Julle Christeniste is net eenvoudig te dom om dit te verstaan, want julle het mos net "spirituele intelligensie" nie ware intelligensie nie. Julle gaan seker soms op lekker trips met julle "geestelike intelligensie"! Gebruik julle drugs om daarby uit te kom? Of is geloof julle drug?

Heiden

  • 4

Kommentaar

  • Dag Heiden,

    jong ek het nie die bêkgeveg van meet af gevolg nie.

    Kan jy of die Christene met wie jy nou in so 'n skelkompetisie is onthou waaroor dit oorspronklik gegaan het?

    Cheers

    Duitswester

     

  • Heiden,

    Weer eens bewys jy jou eie gebrek aan intelligensie. Kobus het - alhoewel hy 'n mede ware gelowige is - nie my geskrewe gedoen nie. Nee wat, ek het dit sommer self geskryf. Net soos wat jy blykbaar 'n "Haan" is en nie 'n "Henn" nie - is ek Dolf van Loggerenberg en nie Kobus de Klerk nie (ons is wel broers in Christus - maar jy sal nie verstaan nie). Jy sien, ons ware gelowige christene, hoef nie agterbaks, vals, verdraaiierig en/of bose planne te bewerk om op duistere maniere en met valse intensies, die Ware Boodskap van die Evangelie oor te dra nie (ons wandel in die Lig - in Christus) en terselfdertyd julle leuens, lastering en valsheid uittewys nie  - Nee-nee, dit doen julle self met julle skrewes, al te goed. Maar ons verwag niks minder van julle nie.

    Net ter inligting - nog NOOIT het jy of enige van jou lasterlike trawante ENIGE weersprekings - van watter aard ookal - kon uitwys uit die Woord van God nie. Julle Sal en Kan Nooit nie. Ja-ja, julle probeer naarstigtelik en onverpoosd en met verdraaide verstandlose kaperjolle en eie sogenaamde "wyshede" en waninterpretasies - maar helaas - julle faal jammerlik elke keer! Jy sien, menslike "sogenaamde" selfregverdigende "wysheid" is absolute dwaasheid vood God (neem maar jou eie en jou lasterlike trawante se kommentaar as voorbeeld) en julle val maar net elke keer in julle eie bose gate wat julle, vir ons ware gelowiges christene, grawe.

    En dan praat jy van "drugs" - dit terwyl jy, jouself, blindelings op pad is na nerens.

    Dolf

     

     

  • Tant Alie (Aletta)

    Goed dan, Heiden. As jy beweer jy is nie Cornelius nie, dan is dit reg so. Ons gis al lank oor die moontlikheid dat Cornelius aan Veelvuldige Persoonlikheidsversteuring of iets ly. Dit het veral gemanifesteer toe hy destyds sy verwyfde kant onder die naam "Ronel" hier begin rondgooi het. Elke keer as hy in die moeilikheid is, dan pak daar 'n skare naamloses - soos "heiden", "sondaar", "kolgans", "smittie", "Kattestrofes" ons Christene en skel ons dat die see ons nie kan afwas nie. So inderdaad is ons Christene hier in die minderheid en onder konstante aanvalle.

    Ek vind dit altyd snaaks dat Cornelius my skel omdat ek onder 'n skuilnaam skryf, maar nie een van sy aliasse skryf ooit onder 'n ware naam nie. Ek het al (en dit is op rekord), te veel van my details weggegee en Cornelius het my probeer opspoor my my gemeente. Dit nadat ek hom genooi het om my via epos te kontak, wat hy volstrek geweier het om te doen. Dus het ek destyds met behulp van die webmeester al my details verwyder en skryf ek nou vir my eie veiligheid onder my oorspronklike skuilnaam, alhoewel ek gemaklik genoeg is om my voornaam te plaas.

    Maar nou ja, pleks van skel, kan jy nie konstruktief probeer verklaar hoe jy by hierdie stelling uitkom nie "Julle Christeniste is net eenvoudig te dom om dit te verstaan, want julle het mos net "spirituele intelligensie" nie ware intelligensie nie. Julle gaan seker soms op lekker trips met julle "geestelike intelligensie"! Gebruik julle drugs om daarby uit te kom? Of is geloof julle drug?"

    Hoekom sukkel jy so erg om spirituele intelligensie te snap? Is daar iets waarmee ons jou kan help? Wys dit gerus uit en die gesprek kan dalk positief uitdraai.

  • Kobus de Klerk

    Heiden,

    Dit is glad nie vir my 'n belediging of nadeel of enigiets van daardie aard, om vir Dolf of Henry of Aletta (Tant Alie) aangesien te word nie - inteendeel, dit is vir my 'n bemoediging en ek word baie graag met hulle geassosieer.

    Jy sien, dit wys net weer wat ons altyd vir mense sê - alhoewel ons mekaar geensins persoonlik ken nie, of selfs met mekaar persoonlik gesels nie, word ons deur Een Heilige Gees gelei - en HY ken ons algar en inspireer ons, sodanig dat ons dieselfde dinge sien, glo en sê. Jy kan gerus iets daaruit leer en wys word - julle agnostici dink mos die Gees en die duiwel is nie werklikheid, nie.

    Maar jou hewige reaksie om met Cornelius vereenselwig te word, dui duidelik daarop dat dit vir jou 'n onaanvaarbare assosiasie is, selfs 'n belediging, te oordeel aan jou hewige reaksie en verbete poging om dit ongedaan te maak... nou ja, kan mens jou kwalik neem daaroor? Selfs jy, 'n agnostikus, wil nie met hom geassosieer word, nie.

    Maar, julle is eenders, nes Jaco en die ander ook, want ook julle word deur dieselfde gees in hierdie lasterlike, kwaadwillige dinge wat julle doen en sê, geïnspireer - die vader van die leuen en twis. Lees die Woord, jy sal baie vinnig agterkom wie dit is.

    Kobus de Klerk

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top