Hello Ran,
Baie dankie vir die reaksie van jou kant af.
In jou multiversum-brief verwys jy na die gevorderde universiteitswiskunde wat jy geslaag het, wat beteken jy het ‘n voorsprong bo die wat slegs hulle rigting kan vind op grond van die metafore wat deur Brian Greene, Brian Cox, Max Tegmark en David Deutsch aangebied word om so sin te maak van hierdie baie moeilike veld.
Dit word aanvaar dat jy in akkoord met David Deutsch sal wees, net soos ek ook bereid is om sy argument te volg en so ook met Brian Greene ook.
Dit word natuurlik getemper met dit waarmee Smolin vorendag kom en so ook wat vorige gesprekke oor die onderwerp na vore gebring het. Lord Rees in gesprek met Melvyn Bragg Lord Rees in gesprek met Melvyn Bragg asook Roger Penrose in gesprek met Melvyn Bragg.
Die rede hoekom hierdie persone paradeer word is om die konflik in argument wat in die veld bestaan ook na vore te laat kom. Dit is goed en wel om die onderwerp hier aan te roer maar daar word kapsie gemaak teen die feit dat jy nie die onsekerheid wat bestaan ook aanbied nie, veral aangesien die onderwerp al voorheen bespreek was en die kritiek teen onvoorwaardelike aanvaarding van die teorie hier geplaas was.
Met dit is dit dan ‘n riem onder die hart dat jy wel jou brief afsluit met “Stem saam: die uitslag is nog in die toekoms.”
Ek is jonk genoeg en sal daarom wag.
Daar is ‘n multiversum waar PEN PRETORIA onder die leiding van iemand anders staan. :>)
Baie dankie
Wouter

